|
|

Schneider's Gaste Huis is 'n luukse Vyfster en AA Superior gegradeerde fasiliteit, geleë in die pragtige Witrivier Country Estate (met 'n 18 putjie PGA golfbaan)
In Suid-Afrika is Mpumalanga die bekendste provinsie vir die Groot Vyf (Leeu, Olifant, Renoster, Buffel en Luiperd). Ons Gaste Huis is naastenby 30km vanaf die Kruger Nationale Wildtuin waar hierdie wilde diere op Safari besigtig kan word.
Ons is geleë in 'n malaria-vrye gebied, sowat 1000m bo seevlak.
Schneider's Gaste Huis bied al ons gaste 'n vreedsame en rustige verblyf toe, met uiterste luukshede en gerief. Elke eenheid het sy eie private patio, volledige en suite badkamer met buite stort vir die Afrika - avontuur. Die kaggel in die kamer sal die winter koue uithou en jou wese opwarm.
Ontspan met 'n goeie boek op jou eie private patio met die rustige geluide van die natuur in die agtergrond, of geniet 'n skemerkelkie by die swembad terwyl jy die uitsig van die nabygelee Denne woude geniet. Vir die voëlkykers is dit 'n ware paradys met 'n groot verskeidenheid van spesies.
In die oggende word 'n heerlike ontbyt bedien wat volgens elkeen se voorkeur en smaak is. Besigtig gerus beelde van ons suites en kamers.
Die Country Estate het 24 uur sekuriteit.
Die Gaste Huis bied aan om reëlings te tref vir enige ander aktiwiteite.
Kontak ons vir meer inligting.
![]() |




